Pieter J. Visser
  • Tuisblad
  • Pastorale Gesprekke
    • Narratiewe Terapie
    • Voorhuwelikse Gesprekke
  • Shadowmatch
  • Kontak

Genees

5/18/2010

0 Comments

 
Ek en Jan (my kollega) gebruik hierdie week van die sinode se Pinkster materiaal getiteld "Gaan oor grense".  My preek van gister het gefokus op Jesus wat oor grense gegaan het: 
  • Jesus wat onrein geeste uit mense uit gejaag het, 
  • Jesus (seun van die timmerman) wat sommer in die sinagoge opstaan en die skrifgeleerdes op hulle neuse laat kyk, 
  • Jesus wat Petrus se skoonma gesond maak sodat sy hulle kan bedien, 
  • Jesus wat aan melaatses raak om hulle te genees, 
  • iemand met 'n gebreklike hand genees, 
  • by tollenaars gaan kuier.

Al weet ek dat ons juis van baie wonder verhale in Markus lees, dink ek nie heeltemal dit gaan net oor die wonderwerke wat Jesus gedoen het nie. Malina en Rohrbaugh is van mening dat die onreinheid, die vrees wat mense gehad het vir ander se onrein geeste, die magspel meer is waarop Jesus gefokus het en die fisiese genesings was 'n middel tot 'n doel. 
 
Die doel?  

Om mense se eer te herstel. Hullle binneste te genees.

Read More
0 Comments

Afri-Frans

5/11/2010

0 Comments

 
Wat 'n amazing dag wat nou ongelukkig al verby is!  Het die geleentheid gehad om na Myra Maud en Anna Davel te kon luister by die Centurion Teater.  Dit was regtig ongelooflik om dit saam met iemand baie spesiaal te kon deel :^) Dit gee mens ook weer net respek vir jou eie taal:  om van die bekendste Afrikaanse liedere in Frans te hoor is cool ja (wel Myra sou ons kon vloek in Frans en dit sou nog steeds great geklink het!), maar om op internasionale vlak erken te word is 'n goeie gevoel.  Dit is goed om herinner te word dat Afrikaans bestaansreg het, dat Afrikaanssprekendes bestaansreg het!
Mens raak soms so vasgevang in die negatiewe, dat jy die magic om jou mis.
0 Comments

Eerste inskrywing.

5/10/2010

2 Comments

 
Wel om bitter eerlik te wees is ek regtig nie verskriklik konsensieus wat blogs betref nie, maar ek heg hierdie gedeelte by die website om dit so tikkie van 'n persoonlike geur te gee.  Mens is tog nie net 'n dominee of 'n watookal nie, jy is baie dinge.


Hierdie is die plek vir die "baie dinge" in my lewe.  Hoop julle geniet dit saam.
2 Comments

    Pieter J. Visser

    Nie sodat nie, maar omdat:
    Ek het genade ontvang, 
    daarom wil ek genade deel!

    View my profile on LinkedIn

    Argief

    July 2010
    May 2010

    Kategorie

    All
    Algemeen
    Flieks
    Hoop
    Musiek
    Preke
    Terapie

    RSS Feed

    Let the good blogs roll:

    Cobus van Wyngaard
    Ronald van der Bergh
    Tiaan van Niekerk
    Tweet
Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Tuisblad
  • Pastorale Gesprekke
    • Narratiewe Terapie
    • Voorhuwelikse Gesprekke
  • Shadowmatch
  • Kontak