Pieter J. Visser
"You keep feeding it!"7/23/2010 Ja, ek het lanklaas gepost! Ek wou al vroeër iets skryf, maar dit is nogal tough om iets positiefs te kry en wat betrekking het tot die onderwerpe van die website. Maar, nou het ek dit en hier gaan ons...
Ek was die afgelope drie weke na die sielkundige na wie ek my kliënte verwys. Ek dink dit is uiters belangrik dat persone wat self in hulp professies is iemand gaan sien wat vir hulle as klankbord kan optree, dit is bloot verantwoordelik. My groot rede was dat daar ’n redelike onlangse gebeurtenis in my familie te sterk in my gedagtes teenwoordig was soos ek geluister het na iemand wat haar familie-storie vertel het en die rooi ligte vir myself het dadelik afgegaan. Ek was nie meer besig met haar storie nie, ek was nou besig met my eie storie en ek moes dit uitsorteer as ek ander effektief wou help. Gister het ek vir my verjaarsdag gaan fliek en A Nightmare on Elm street gaan kyk – wat ek nogal geniet het. Een deel wat vir my uitgestaan het, relatief aan die einde van die fliek, is Freddy Krueger wat aan Nancy sê: “Jy hou my aan die gang, ek leef omdat jou gedagtes my lewendig hou!” Dis regtig so met ’n klomp dinge. Ek kon nie konsentreer op iemand anders se storie nie, omdat my gedagtes ’n verhaal van myself lewendig gehou het en die verhaal wat aan my vertel is my daaraan herinner het. Mense is skrikkerig, hulle is op hulle hoede en bang. Bang omdat “as ek na iemand toe gaan, moet ek erken daar is ’n probleem” en daarom kies ons om eerder die goed te laat broei, om eerder jag op ons lewens te kom maak, want dit pas nie in die storie wat ons wil hê ander van ons moet glo nie: “Ek is werklik okay!” Al glo ons self nie die storie nie. Dit is werklik die wonderlike van stories, hulle is daar om oorvertel te word, oor geskryf te word, van geleer te word. Ons stories hoef ons nie te besit nie, ons stories is ons s’n om te vertel. Ons kan ons stories oorskryf, herinterpreteer om ’n nuwe storie – ’n nuwe EK te skryf. Raak vry van stories wat jou kom jag wanneer ander nie kyk nie, wees ’n vriend van jouself.
2 Comments
Genees5/18/2010 Ek en Jan (my kollega) gebruik hierdie week van die sinode se Pinkster materiaal getiteld "Gaan oor grense". My preek van gister het gefokus op Jesus wat oor grense gegaan het:
Al weet ek dat ons juis van baie wonder verhale in Markus lees, dink ek nie heeltemal dit gaan net oor die wonderwerke wat Jesus gedoen het nie. Malina en Rohrbaugh is van mening dat die onreinheid, die vrees wat mense gehad het vir ander se onrein geeste, die magspel meer is waarop Jesus gefokus het en die fisiese genesings was 'n middel tot 'n doel. Die doel? Om mense se eer te herstel. Hullle binneste te genees. |