Pieter J. Visser
Afri-Frans5/11/2010 Wat 'n amazing dag wat nou ongelukkig al verby is! Het die geleentheid gehad om na Myra Maud en Anna Davel te kon luister by die Centurion Teater. Dit was regtig ongelooflik om dit saam met iemand baie spesiaal te kon deel :^) Dit gee mens ook weer net respek vir jou eie taal: om van die bekendste Afrikaanse liedere in Frans te hoor is cool ja (wel Myra sou ons kon vloek in Frans en dit sou nog steeds great geklink het!), maar om op internasionale vlak erken te word is 'n goeie gevoel. Dit is goed om herinner te word dat Afrikaans bestaansreg het, dat Afrikaanssprekendes bestaansreg het!
Mens raak soms so vasgevang in die negatiewe, dat jy die magic om jou mis.
0 Comments
|