Pieter J. Visser
Genees5/18/2010 Ek en Jan (my kollega) gebruik hierdie week van die sinode se Pinkster materiaal getiteld "Gaan oor grense". My preek van gister het gefokus op Jesus wat oor grense gegaan het:
Al weet ek dat ons juis van baie wonder verhale in Markus lees, dink ek nie heeltemal dit gaan net oor die wonderwerke wat Jesus gedoen het nie. Malina en Rohrbaugh is van mening dat die onreinheid, die vrees wat mense gehad het vir ander se onrein geeste, die magspel meer is waarop Jesus gefokus het en die fisiese genesings was 'n middel tot 'n doel. Die doel? Om mense se eer te herstel. Hullle binneste te genees.
1 Comment
|