Pieter J. Visser
  • Tuisblad
  • Pastorale Gesprekke
    • Narratiewe Terapie
    • Voorhuwelikse Gesprekke
  • Shadowmatch
  • Kontak

Genees

5/18/2010

0 Comments

 
Ek en Jan (my kollega) gebruik hierdie week van die sinode se Pinkster materiaal getiteld "Gaan oor grense".  My preek van gister het gefokus op Jesus wat oor grense gegaan het: 
  • Jesus wat onrein geeste uit mense uit gejaag het, 
  • Jesus (seun van die timmerman) wat sommer in die sinagoge opstaan en die skrifgeleerdes op hulle neuse laat kyk, 
  • Jesus wat Petrus se skoonma gesond maak sodat sy hulle kan bedien, 
  • Jesus wat aan melaatses raak om hulle te genees, 
  • iemand met 'n gebreklike hand genees, 
  • by tollenaars gaan kuier.

Al weet ek dat ons juis van baie wonder verhale in Markus lees, dink ek nie heeltemal dit gaan net oor die wonderwerke wat Jesus gedoen het nie. Malina en Rohrbaugh is van mening dat die onreinheid, die vrees wat mense gehad het vir ander se onrein geeste, die magspel meer is waarop Jesus gefokus het en die fisiese genesings was 'n middel tot 'n doel. 
 
Die doel?  

Om mense se eer te herstel. Hullle binneste te genees.
Om vir mense te sê: "God aanvaar jou soos jy is" en dit te doen deur die siekte, die andersheid wat hulle van die samelewing afgesny het, weg te vat. 
 
Ek het nogal gewonder wat die effek hiervan op geloofsgenesings vandag is? 
 
Om mense (siekes, afgesonderdes) in 'n saal vol mense voorentoe te roep, hulle half te forseer om voor 'n saal mense te "kom bieg", mense forseer om hulle "onreinheid' te erken.  Nou ek weet eerlik nie hoe die mense in die eerste eeu gevoel het oor mense wat eweskielik status terug gekry het nie, maar ek dink nie dat iemand wat vandag voor 'n saal mense erken dat hy HIV het sonder 'n klad op sy naam die saal gaan uitstap nie.

Kan geloofsgenesings vandag dalk die teenoorgestelde uitwerking hê as waarmee Jesus dit bedoel het?  Dat mense juis gemarginaliseer kan word deur "genees" te word.  Ook dink ek dat God se plan verder net as die tydelike strek:   hoekom moet mense gesond word van een siekte om net weer dood te gaan van 'n ander een?

Dalk is dit oor dood nie die einde is nie?

Dalk is dit dat ons kan besef dat Jesus eerder 'n siek samelewing kom aanspreek het?
'n Samelewing waar mense neerkyk op ander, oor hulle anders is, oor hulle nie in die groep se boksie pas nie?

In Markus lees ons van Jesus as terapeut, Jesus wat oor grense gegaan het om vir mense te wys dis okay, daar is groter goed as siekte, daar is groter goed as eer.  Jesus kom wys wat dit is om sy Koninkryk te leef, wat genade is, Jesus kom skryf 'n nuwe toekoms verhaal - 'n verhaal van hoop.
0 Comments



Leave a Reply.

    Pieter J. Visser

    Nie sodat nie, maar omdat:
    Ek het genade ontvang, 
    daarom wil ek genade deel!

    View my profile on LinkedIn

    Argief

    July 2010
    May 2010

    Kategorie

    All
    Algemeen
    Flieks
    Hoop
    Musiek
    Preke
    Terapie

    RSS Feed

    Let the good blogs roll:

    Cobus van Wyngaard
    Ronald van der Bergh
    Tiaan van Niekerk
    Tweet
Powered by Create your own unique website with customizable templates.
  • Tuisblad
  • Pastorale Gesprekke
    • Narratiewe Terapie
    • Voorhuwelikse Gesprekke
  • Shadowmatch
  • Kontak