Meer oor dr. Pieter J. VisserPieter J. Visser is leraar by N.G. Wierdapark in Centurion. In 2017 het hy sy PhD, onder die leiding van dr. Elmo Pienaar en prof. Ferdi Kruger, in voorhuwelikse begeleiding en werk-gesinsbalans, aan die NWU voltooi. Hy het in 2009 sy MA (Pastorale Gesinsterapie) onder leiding van prof. Julian Muller voltooi en werk vanuit 'n Narratiewe benadering in pastorale terapie sessies. Verdere belangstellingsvelde sluit prediking en liturgie, musiek, flieks en die gebruik daarvan in ons alledaagse bestaan en veral ook geestelike lewe in. Ander invloede in sy opleiding sluit 'n ervaringsleerkursus van Rodger Greenway en ervaringsleeropleiding en mentorskapskursus van dr. Roelf Opperman (Bronze Baobab) in, wat vir die fassilitering van gesprekke asook die aanbieding van jeugkampe, kategese materiaal en pastoraat gebruik kan word.. In 2012 het hy 'n traumaberadingskursus onder leiding van Dr. Ilse Gravett (Hospivisie) voltooi.
Kontakbesonderhede:
Verder wil hy graag 'n ope uitnodiging rig aan persone buite die kerk wat na pastorale hulp opsoek is.
Jy kan ook gerus die knoppie hierbo kliek om 'n afspraak vir 'n Pastorale gesprek of Voorhuwelikse gesprek te maak. Neem asb. kennis dat afsprake eers bevestig moet word en dat die invul van die vorm nie 'n afspraak bevestig nie.
Hierdie diens word aangebied sonder enige pretensie dat dit 'n sielkundig-terapeutiese diens is. Pieter Visser is opgelei as pastorale terapeut en praktiseer as sodanig. Wanneer nodig werk hy ook in spanverband saam met ‘n sielkundige en hy doen ook verwysings na ander professionele persone. | ||