Pieter J. Visser
Die kategesemateriaal waarna verwys word op hierdie blad, is deur myself en my kollegas geskryf.
Die kategeselesse (Graad 0-9) het by die oggenddienste van NG Wierdapark aangesluit om die Boodskap van die oggenddiens op ’n praktiese wyse na die katkisante oor te dra. Daar word tydens die kategeseles sterk gesteun op die tegnieke van Ervaringsleer om deur middel van spel en nadenke ’n integrasie van geloofswaarhede te skep. Op hierdie wyse word die Boodskap op 'n tasbare en praktiese wyse lewendig gemaak.
Die kurrikulum vir die kategese word op verskeie vlakke opgestel. Al is die tema en verwagte uitkoms dieselfde, word daar onderskeid gemaak vir verskeie groepe om elkeen op hulle eie vlak met die teks van die dag te werk.
Graad 0-3 behandel dieselfde tipe materiaal. Die kinders woon die eerste gedeelte van die Oggenddiens by en gaan daarna na die kleuterkerk vir aktiwiteite.
Graad 4-9 sal dieselfde ervaringsleeraktiwiteit en verwagte uitkomste deel, hoewel die aanbieding vir Graad 4-6 en 7-9 sal verskil.
’n Ekstra en nuwe gedeelte wat met Geloof waar ons Leef bykom, is die Gesinsblad. Die Gesinsblad gee ’n kort opsomming oor die sosio-historiese agtergrond van die gedeelte wat die Sondag tydens die oggenddiens en kategese behandel is. Hierdie agtergrond kan gebruik word deur gesinne, om die Teksgedeelte deur die week weer saam te lees en daaroor te gesels. Die doel van die Gesinsblad is juis om geloofsgesprekke by gesinne te stimuleer. Dit gee kinders en ouers die geleentheid om “geloofstaal” te ontwikkel en ’n integrasie te maak van hulle lewenswêreld en geloof. Verder word gesinne die geleentheid gegee om mekaar beter te leer ken, werklik vertroue in mekaar te vestig en kommunikasiekanale oop te hou of te vestig. Besoek gerus NG Wierdapark se webblad, indien jy meer wil uitvind oor Geloof waar ons Leef of kategesemateriaal wil aflaai.
Kontak my gerus indien jy van hierdie reeks wat strek van die Skeppingsverhale, tot en met Joshua strek wil gebruik maak.
Indien jy graag na die vorige Kategese materiaal wil kyk, wat ook op ervaringsleerbeginsels geskoei is, volg gerus die skakel.